Home > Terms > Afrikaans (AF) > Sosiale fobie

Sosiale fobie

'n Angsversteuring waar 'n persoon deur angs en oormatige selfbewussyn in alledaagse sosiale situasies oorweldig word. Fobie is deel van angsversteurings en kom gewoonlik voor as ‘n aanhoudende vrees vir ‘n objek of situasie, wat die persoon wat daaraan ly tot uiterstes toe sal gaan om te vermy. Die vrees is gewoonlik ook “onrealisties” en word so deur die persoon wat die vrees ervaar, gesien. As die persoon nie daarin slaag om die situasie of objek (bv. ‘n spinnekop of vergadering) te vermy nie, veroorsaak dit intense ongemak of angs en sukkel die persoon om sy/haar huidige aktiwiteit te voltooi. Dit kan tot slegs een tipe situasie beperk word soos 'n vrees om by formele en informele geleenthede te praat, of om voor ander te eet en drink. In sy ergste vorm vertoon die persoon simptome byne elke keer wat hy/sy in die teenwoordigheid van ander mense is. Staan ook bekend as sosiale angsversteuring.

0
Collect to Blossary

Member comments

You have to log in to post to discussions.

Terms in the News

Featured Terms

Handre Stoman
  • 0

    Terms

  • 0

    Blossaries

  • 0

    Followers

Industry/Domain: Anatomy Category:

acnestis

Die deel van die liggaam wat nie bereik kan word nie (om te krap), gewoonlik die ruimte tussen die skouerblaaie.

Contributor

Featured blossaries

How I Met Your Mother Characters

Category: Entertainment   3 12 Terms

NAIAS 2015

Category: Autos   1 10 Terms